Tuesday 19 March 2013

DIE FORMELE ELEMENTE VAN KUNS

  • Lyn
Lyn is n element van n kunswerk wat verwys na die aaneenloopende merk wat deur n beweegende punt op n oppervlak gemaak word. Dit kan tweedemensioneel wees, soos n potloodmerk opn papier of dit kan driedemensioneel wees (draad) of geimoliseer word (die kante van n vorm). Hierdie element bestaan hoofsaaklik uit drie tipes lyne nl.
Horispntale lyne : Dit skep die gevoel van vrede en rustigheid
Vertikale lyne : Dit skep die gevoel van krag en mag
Diagonale lyne: Dit skep die gevoel van beweeging en rusteloosheid
  • Twee-en drie-demensionele vorm
n Tweedemensionele vorm is n tweedemensionele area (plat) met n herkenbare grens. n Driedemensionele vorm het hoogte, breedte en diepte. Dit verwys ook na die illusie van volume in n tweedemensionele werk. Die eindelose verskeidinheid vorms twee-en drie-demensioneel kan verdeel word in organies en anorganies (geomeetries)
  • Tonale waarde
Dit verwys na die graad van ligen donker in n gegeewe kunswerk. Vorms het nie werklikheid buitelyne nie, maar word deur lig gedefinieer. Sonder lig kan ons nie sien nie. Wanneer jy met tonale waardes werk, neem versigtug waar hoe lig op n vorm val. Tonale waardes skep volume en driedemensionele voorwerpr op n tweedemensionele oppervlak is
  • Tekstuur
Tekstuur verwys na die oppervlak kwaliteit of die gevoel van n voorwerp. Hoe iets voel as jy daar aan sou vat. Dit kan grof, egalig, slymirig, stekelrig, wollerig, gehoek, krapperig en gekreukeld wees
  • Kleur
Die kleurwiel kan verdeel word in die volgende :
3 Priemere kleure
rooi+geel+blou
Hierdie kleure kan nie gemaak word deu om ander kleure saam te meng nie

3 Sekondere kleure
oranje+pers+groen
Hierdie kleure word gemaak deur om eenige twee van die primere kleure saam te meng
Rooi+Geel=Oranje
Blou+Geel=Groen

6 Intermediere (tersiere) kleure
Oranje-rooi          Geel-oranje         Geel-groem
Blou-groen           Pers-blou             Blou-pers
Hierdie kleure is tussen die primere en sekondere kleure op die kleurwiel, en word gemaak deur n primere en n sekondere kleur bymekaar te meng
  • Ruimte
In argitektuur speel spasie n baie belangrike rol. Die argitek moet bevredeginde, funksionele en interisante spasies skep waarin mense kan leef, werk en speel. Beeldhouwerk is driedemensioneel. Dit neem ruimte op, het volume en kan vanuit enige rigting bekyk word. Die beeldhouer skep n unieke verhouding tussen vorm en spasie of tussen positief en negatief. Lugperspiktief (atmosfeeriese perspektief) is wanneer die atmosfeer vorms en kleure in die verte versag. Wanneer jy naby aan n boom staan, kan jy induviduele takke en blare sien. Vanaf ver af, lyk dit of alles saamsmelt
  • Mediums
Kunswerk kan uit n groot verskeidenheid van mediums geskep word bv.
Ink: Om lietosmee of syskerm te maak
Gips: Om reliehef te maak
Akrielverf: Om helder kleurige kunswerke te maak
Potloode: Om potloodsketse te maak
Olieverf: Om olieverf skilderye te maak
Sprooiverf: Om straatkuns te maak
Linokerfinstrumente: om n lienoe kunswerk te maak
Papiermache maskeerband: Om papiermache beelde te maak
Houtskool: Om houtskool sketswerke te maak
Kleurpotloode: Om kleursketswerk te maak
Pastelle: Om pastelkunswerke te maak
Waterverf: Om waterverfskilderye te maak


No comments:

Post a Comment