Sunday 17 February 2013

PRIMITIEWE KUNS

Die eerste skilderye in die mens se geskiedenis dateer uit die Paleolitiese periode. Van die beste voorbeelde kom uit grotte in die Noorde van Spanje, ongeveer 1500-1200 vC. Die rotskuns is diep binne-in grotte gevind en die mees algemene temas is groot wilde diere, soos bisons en perde. Die tipe kuns wat hier uitgebeeld word is n goeie voorbeeld van premitiewe kuns. Dit is die uitbeelding van die samelewing van die mense in die tyd, waar hulle gejag het, en wat hulle geeet het.


Op  die kontinent Afrika is rotskuns gevind. Materiale wat hulle gebruik het om op rotse te verf, het alles uit die natuur gekom nl, klei, bloed, verbrande hout en okeroksied uit rots. Die San kunstenaars het hulle alledaagse lewe, innerlik en uiterlik uitgebeeld. Individuele interaksie en die betrokkenheid in die omgewing is uitgebeeld. n Baie groot hoeveelheid van hierdie Boesman rotskuns is in die Drakensberge van die Natal gevind. Intense navorsing oor Boesman rotstekeninge het gewys dat die Boesmans sonder twyfel nie net hulle alledaagse lewe uitgebeeld het nie, maar ook dit wat hulle gesien het as hulle in n trans gegaan het (hallusinasies). Hulle het gedans om vure en rituele uitgeoefen wat sekere beelde in hulle gedagtes uitgebring het. Hierdie het ingesluit kolle, lyne ruitvormige figure en  Boesmans met dierlike eienskappe soos die kop en hoewe van n Eland. Die jag van n Eland het n baie groot rol in hulle lewe gespeel, en in hulle hallusinasies neem van hulle die eienskappe van die Eland wat gejag is en gesterf het aan bv. as n Eland vrek staan sy hare op sy kop in die lug en sy pote oorkruis mekaar, dus as hierdie eienskappe aan n Boesman gegee word het hy ook gesterf gedurende die jagtog. Hierdie uitbeeldings is op die rotse uit gekrap met die fakmanskap waaroor hulle beskik het.







 In die Noord-Ooste van Oostenryk in die Bachau vallei was daar n dorpie Van Willendorf, waar drie argeoloe op 7 Augustus 1908 besig was om te stap in die vallei. Een van hulle werkers het op n klein stansbeeldjie in die modder afgekom en dit  opgetel en vir die argeoloe gevat. Die beeldjie is genoem Venus van Willendorf. Sy was ongeveer 10cm hoog en 25 000 jaar oud en was uit leem gekerf. Dit was die eerste leidraad waarom die moderne wereld so geinspireer is deur onrealistiese figure. Die arms en gesig bestaan amper nie. Sy het oorgrote bene, borste en maag gehad. Die beeltjie het geen gesig en die arms is gereduseer tot stroke oor die borste en daar word geen voete uitgebeeld nie. Op haar kop is n tipe patroon wat n sekere haarstyl uitbeeld. Daar is ook armbande op haar arms uitgekerf. Sy is n figuur van vrugbaarheid wat deur n swanger vrou rondgedra was in haar hand om te verseker dat sy geboorte gee aan n gesonde baba as n njuwe lid van die stam.


30 000 jaar gelede het mense begin beelde maak van die menslike figuur. Hierdie verskeining het oor die hele wereld voorgekom. In Rusland het dieselfde tipe beeldjies as die Venus van Willendorf onder die normades voorgekom. Net soos elders in die wereld in dieselfde tyd is sekere dele van die liggaam vergroot en ander onderbeklemtoon. Elders in die wereld nl. Egipte was kuns in teenstelling hiermee, gedomineer deur orde en akkuraatheid. Hier is geen beklemtoning van sekere menslike liggaamsdele nie. Die instink om liggaamsdele te vergroot en beklemtoon het verdwyn. Beeldhouwerke was grotesk in skaal omdat dit nie nodig was vir die mense om te trek nie (nomades). Hulle kultuur, waardes en standaarde is in hulle kuns uitgebeeld. 

2500 jaar gelede het die Grieke se kuns hulle filisofie en wiskundigheid asook fiksasie met die menslike liggaam weerspieel. Gode het n belangrike rol in hulle lewens gespeel en beelde van die gode het die menslike liggaam aangeneem. Beelde moes dus presies soos die menslike liggaam lyk

In Egipte 660 vC het Griekse huursoldate Egipte binne gekom. Hierdie samesmelting van verskillende kulture het n absolute KUNSREVOLUSIE veroorsaak. Grieke is sodoende beinvloed om hulle beelde groter te maak soos die Egiptenare. Egiptiese beeldhouwerk is hierteenoor baie meer realisties en vir die eerste keer en replika van die menslike liggaam. Dit het egter vir hulle vervelig begin raak en hulle is deur hulle kultuur en instink gedreif om sekere liggaamsdele te vergroot en beklemtoon, asook onderbeklemtoon, soos in die geval van Venus van Willendorf.

So ook sien ons in die liggendariese Picasso se kunswerke met beklemtoning en vergroting asook onderbeklemtoning van sekere liggaamsdele die vergelyking met kuns oor eeue heen. Vandag nog word dit in alle vorme van moderne kuns waargeneem.


“Every child is an artist. The problem is how to remain an artist once he grows up.”
― Pablo Picasso



No comments:

Post a Comment