Thursday 25 July 2013


Die Basillika

Konstantyn was die  keiser en het christenskap wettig gemaak. Hy was ook die beskermheer van die vroegste Christelike kerke wat gebou is. Die mees praktiese vloerplan kry ons van die Romeinse Basillika.   

     Die Romeinse Christen Basillica
        
  • Christene het aan die begin in hulle eie private woonhuise gebid.
  • Die buiteontwerpe van die huise was eenvoudig en het kerke geword.
  • Die binne ontwerp het verander en alle kerke wat gebou was vanaf die jaar 313 het so gelyk.
  • Kenmerkend van die binne ontwerpe was die atrium wat die voorhoof van die kerk gebly het.
    • Die kerke was in sekulere gebou wat gebruik is in verskeidenheid vorms en funksies as imperiale troonkamers.
    • Hof van geregtigheid.
    • Bedekte mark of drilsaal.
    • Groot saal met gange en soms galereie bo aan die gange wat aan die kante van die sentrale ruimte was.
    • n Hout dak of sement gewelf oor die sentrale ruimte.
    • Soms halfsirkelvormige of reghoekige apsis waar in standbeelde of borsbeelde van die keiser was.






     Die Christelike Bassilika het hieruit ontwikkel:

    • Die vroegste BAsilika was die kerk wat konstantein begin bou het in 320
    • Dit was opgedra in st peutrus en gebou waar hy begrawe is en is verwoes in die 16de eeu om plek te maak vir die nuwe st Peter katedraal
    Die ou st Peter katedraal het as volg gelyk:

    • Die ingang was n stel trappe wat na n oop atrium gelei het
    • Die oop atrium is gebaseer op vroe romeinse villas
    • die oop atrium is omring deur arkades met dakke of n reeks boee wat deur suile indersteun word
    • Die kante van die atrium na die hoof deel van die kerk het die narteks geword
    • Di narteks is die voorkant van die omringde deel van die kerk
    • Die sygange en die skip of naaf kon van hier af binne gegaan word
    • die skip is geskei deur sygange deur seile wat die oog na die treomfanklike boog lei
    • Dit het n t-vormige vloerplan gehaat wat lyk na n lateinse kruis.
    • Daar was ook n wyer transept wat lei na n halfsirkelvormige absis
    • bo die skip-kollonades het die basillika boontoe gestrek na n intermediere area
    • bo dit was vensters wat lig vir die interiuer verskaf het
    • agv die filosofie van introspeksie het daartoe gelei dat daar die nie na die buiterwereld gekyk is nie.
    • dit is n baie praktiese styl en is daarom gekies hiervoor
    • dit simboliseer ook die vernootskap tussen die Ryk en Christenskap














    Sunday 19 May 2013

    Romeinse Ryk

    Romeinse agtergrond

    Die oorspronklike gebied waar dieb Romeine gebly het is vandag bekend as Italie. Die Romeine, net soos die Grieke, het vrye toegang gehaat tot die see, dus was dit maklekir vir hulle om handel te dryfen om hulle kolonies te bevorder in ander dele. Voor die Romeine was daar inwooners wat bekend staan as die Villanoviane wat vanaf 1000 v.C daar gebly het. Uit dit uit het daar n ander kultuur ontwikkel wat die Etruskane genoem is. Hierdie kultuur het teen 700 v.C ontwillek, en het tot omtrent 100 v.C lewendig geblei. Die bekende Romeinse kultuur het toe uit die Etruskanse kultuur ontwikkel.

    Daar is twee periodes van politieke organiesaasies in die Romeinse era. Die eerste periode is die Rupibliekanse periode en bestaan uit twee klasgroepe. Die een groep was die Adlekis. Hulle was aristokrate wat eiendom besit het en wat politieke regte gehaat het. Die ander klasgroep was die plebjers of plebs en bestaan uit die meerderheid van die bevolking. Hulle was 'n demokratiese organisaasie. Dit het tot nuut gegaan toe di militere generaals, wat die mag moes oorneem tydens 'n tyd van krisis, geweier het om die mag weer prys te gee. 'n Reeks burgeroorloe was die uiteinde hiervan.

    In 27 v.C het Octavian wat later bekend gestaan het as Augustus, die mag oorgeneem. Hy het geen opponente gehaat nie en het al die mag op homself gefokus alhoewel hy voorgegee het dat hy die Rupiblikanse regeringsform erken. Dit was die begin van 'n nuwe era van die prinsepaat. Die nuwe era staan bekend as die Imperialistiese tydperk. Die leiers van Rome het verskullinde variasies van diktatorskap beoefen. Danksy die heerskappy van die Keiser, was die land meer stabiel en kon die Romeinse gebied stelsilmaatig uitgebrei word. Teen 117 n.C het die ryk sy hoogtepunt, in ternuwe van gebiedsuitbreiding bereik. Toe die pes uitbreek het die Ryk verswak en het n paar onbevoegde heersers mekaar opgevolg. Om meer beheer uit te oefen, het Diocletian die bestuur van die Ryk in twee gedeel.

     Konstantyn kon hierna die Romeinse Ryk onder sy gesag verenig nadat hy sy mededingers oorwin het. Hy het die Christelike geloof aangemoedig en ook wattig verklaar, asook die hoostad van die Romeinse Ryk van Rome na Konstantinopel geskuif. Na Konstantyn se heerskappy, is die Ryk in Oos en Wes gedeel. Dit het gelei tot die algehele verval van die Ryk


    Godsdiens

    Godsdiens was vir die Romeine n praktiese noodsaaklikheid wat tot hulle welsyn en sukses bygeduur het, asook maatskaplike orde gewergestellings het. HUlle het dit maklik gevind om ander kulture se kultusse oor te neem mits dit nie met hulle voorouers, stigters en konings van goddelike afkoms is nie. Diegodewereld van die Romeine was maklik vernuutigbaar met die van die Grieke. As gevolg daarvan is somige van die Griekse mites opgeneem in die Romeinse geloof. Soos die Romeinse Ryk uitgebrei het, het die Romeine geleer van die gode en kultusse van ander lande en is hulle by die Romeinse gelowe geinkorpereer. Baie mense het gegloo dat daar n belofte van verlossing is na die dood en dat dit vir hulle n mesterie inhou en dit het hulle aangetrek. Tydens die aanbewindheid van Augustus is die gebruikswaarde van godsdiens uitgebuit. Die Roma Dea kultur is aangemoedig. Dit het geimpliseer dat die Keiser van godelike oorsprong en dus n direkte skakeling is na die geestelike wereld. Die kultus het Augustus bevorder en daarom ook die vereeneging van die Romeinse Ryk. Christene het geweier om die Keiser te aanbid en moes gevolglik baie lyding ervaar. Uiteindelik toe die Christene godsdiens in 312 n.C wetteg gemaak is, het die godsdiens in die Ryk oorgeneem en is dit tot vandag toe die dominante godsdiens


    Romeinse beeldhouwerk: Augustus van Prina Porta



    Die standbeeld, Augustus van Prima Porta is een van die beroemdste beelde van hierdie leier, van wie nog ander beelde behoue gebly het. D ienaam van die beeld verwys na die die plek waar dit ontdek is, naamlik die villa wat aan st vrou, Livia behoort het. Die villa is vernoem na n ou poort naby Rome. Hierdie is n kopie van n verloore bronsbeeld van 20 v.C. Die rede hoekom die standbeeld gemaak is, is waarskeinlik as gevolg van Augustus se oorwinning oor Parthianese.

    Die behouding van gesag van Augustus wird in die standbeeld weerspieel. Asook sy strewe na volmaakheid en ook die kalmte van klassieke Griekeland. Die beeldhouwerk is n tipiese dapperheid, uitmuntendheid, vroomheid en krag al word die houding en styl as klassieke beeldhouwerk beskou. Die werk word geimoliseer deur die polietise agenda. Die standbeeld is eenvoudig nie teenstaande die dominante houding. Dit is prisies wat Augustus aan die publiek wou wys. Hyt probeer om vrede na die Romeinse Ryk te bring maar nogsdeeds die indruk van n rupibliek te behou

    Augustus word met geidealiseerde jeugdigheid uitgebeeld alhoewel hy 40 jaar oud was toe die standbeeld van hom gemaak is. Die invloed van die Griekse sportbeeld van Doryphoros van Polykleitos is sigbaar in sy kop, gesig, bene en algehele houding. Die verskul van die Griekse standbeeld is die uitgestrekte arm van Augustus wat n tiepiese Romeinse gebaar is van iemand wat n groep mense toespraak en wat gereeld in die Romeinse kuns gesien in. Augustus word deur sy kleredrag as n sterk heerser uitgebeeld. Sy uniform bestaan uit n mantel en n simbooliese reliefbeelde op sy borsplaat soos Julius Ceasar

    Sy kaalvoete beeld sy heldhaftigheid uit.Die soldate wat oorlog gevoer het, het skoene nodig terweil gode en helde nie die bekere aandringing van skoene nodig gehaat het nie. Die relief op Augustus se borsplaat simboliseer sy oorwinnings. Die gode en godinne het aan hom gunste gebied deurdat hy hulle verteenwoordig, dit dui daarop dat hy n uitsteekende leier is. Die sentrale toneel wys n Parthioaan, in klere geklee soos n berbaar, wat n legionere banier oorhandig aan of n Romeinse soldaat of godin van Roma Dea. Die onderwerp van hierdie toneel dui op die diplomatiese oorwinning van die Romeinse oor die Parthiane onder Augustus te leiding. Die hemeldak wat omhoog gehou word deur die god van die lug enmoeder aarde met twee babbas en n horing met n oorvloed van vrugde. Die vrugde simboliseer dat vrede die hele Romeinse Ryk oorheers. Die vorste van die heelal word ook uitgebeeld deur die volgende wat van insluit is: Apallo en Diena links onder en die songod, Sol, en die maangodin, Luna, regs, naby die Keiser se skouers.



    Die simboliese verwysings na die Augustus familie se goddelike voorstate, die Juliana, word uitgebeeld deur die teenwoordigheid van Cupid op n dolfyn, by die heerser se voete. Die Juliana het aanspraak daarop gemaak dat hulle afstammelinge is van Aeneas, die stigter ban Italie, wat op sy beurt die seun van Venus is en die halfbroer van Cupid. Die dolfyne mag dui op die geboorte van Venus soos sy uit die see opkom od Augustus se oorwinning op see by Actium. Weer eens word Augustus se godelikheid versterk deur hierdie deel van die standbeeld.














     

    Tuesday 19 March 2013

    DIE FORMELE ELEMENTE VAN KUNS

    • Lyn
    Lyn is n element van n kunswerk wat verwys na die aaneenloopende merk wat deur n beweegende punt op n oppervlak gemaak word. Dit kan tweedemensioneel wees, soos n potloodmerk opn papier of dit kan driedemensioneel wees (draad) of geimoliseer word (die kante van n vorm). Hierdie element bestaan hoofsaaklik uit drie tipes lyne nl.
    Horispntale lyne : Dit skep die gevoel van vrede en rustigheid
    Vertikale lyne : Dit skep die gevoel van krag en mag
    Diagonale lyne: Dit skep die gevoel van beweeging en rusteloosheid
    • Twee-en drie-demensionele vorm
    n Tweedemensionele vorm is n tweedemensionele area (plat) met n herkenbare grens. n Driedemensionele vorm het hoogte, breedte en diepte. Dit verwys ook na die illusie van volume in n tweedemensionele werk. Die eindelose verskeidinheid vorms twee-en drie-demensioneel kan verdeel word in organies en anorganies (geomeetries)
    • Tonale waarde
    Dit verwys na die graad van ligen donker in n gegeewe kunswerk. Vorms het nie werklikheid buitelyne nie, maar word deur lig gedefinieer. Sonder lig kan ons nie sien nie. Wanneer jy met tonale waardes werk, neem versigtug waar hoe lig op n vorm val. Tonale waardes skep volume en driedemensionele voorwerpr op n tweedemensionele oppervlak is
    • Tekstuur
    Tekstuur verwys na die oppervlak kwaliteit of die gevoel van n voorwerp. Hoe iets voel as jy daar aan sou vat. Dit kan grof, egalig, slymirig, stekelrig, wollerig, gehoek, krapperig en gekreukeld wees
    • Kleur
    Die kleurwiel kan verdeel word in die volgende :
    3 Priemere kleure
    rooi+geel+blou
    Hierdie kleure kan nie gemaak word deu om ander kleure saam te meng nie

    3 Sekondere kleure
    oranje+pers+groen
    Hierdie kleure word gemaak deur om eenige twee van die primere kleure saam te meng
    Rooi+Geel=Oranje
    Blou+Geel=Groen

    6 Intermediere (tersiere) kleure
    Oranje-rooi          Geel-oranje         Geel-groem
    Blou-groen           Pers-blou             Blou-pers
    Hierdie kleure is tussen die primere en sekondere kleure op die kleurwiel, en word gemaak deur n primere en n sekondere kleur bymekaar te meng
    • Ruimte
    In argitektuur speel spasie n baie belangrike rol. Die argitek moet bevredeginde, funksionele en interisante spasies skep waarin mense kan leef, werk en speel. Beeldhouwerk is driedemensioneel. Dit neem ruimte op, het volume en kan vanuit enige rigting bekyk word. Die beeldhouer skep n unieke verhouding tussen vorm en spasie of tussen positief en negatief. Lugperspiktief (atmosfeeriese perspektief) is wanneer die atmosfeer vorms en kleure in die verte versag. Wanneer jy naby aan n boom staan, kan jy induviduele takke en blare sien. Vanaf ver af, lyk dit of alles saamsmelt
    • Mediums
    Kunswerk kan uit n groot verskeidenheid van mediums geskep word bv.
    Ink: Om lietosmee of syskerm te maak
    Gips: Om reliehef te maak
    Akrielverf: Om helder kleurige kunswerke te maak
    Potloode: Om potloodsketse te maak
    Olieverf: Om olieverf skilderye te maak
    Sprooiverf: Om straatkuns te maak
    Linokerfinstrumente: om n lienoe kunswerk te maak
    Papiermache maskeerband: Om papiermache beelde te maak
    Houtskool: Om houtskool sketswerke te maak
    Kleurpotloode: Om kleursketswerk te maak
    Pastelle: Om pastelkunswerke te maak
    Waterverf: Om waterverfskilderye te maak


    Sunday 17 February 2013

    PRIMITIEWE KUNS

    Die eerste skilderye in die mens se geskiedenis dateer uit die Paleolitiese periode. Van die beste voorbeelde kom uit grotte in die Noorde van Spanje, ongeveer 1500-1200 vC. Die rotskuns is diep binne-in grotte gevind en die mees algemene temas is groot wilde diere, soos bisons en perde. Die tipe kuns wat hier uitgebeeld word is n goeie voorbeeld van premitiewe kuns. Dit is die uitbeelding van die samelewing van die mense in die tyd, waar hulle gejag het, en wat hulle geeet het.


    Op  die kontinent Afrika is rotskuns gevind. Materiale wat hulle gebruik het om op rotse te verf, het alles uit die natuur gekom nl, klei, bloed, verbrande hout en okeroksied uit rots. Die San kunstenaars het hulle alledaagse lewe, innerlik en uiterlik uitgebeeld. Individuele interaksie en die betrokkenheid in die omgewing is uitgebeeld. n Baie groot hoeveelheid van hierdie Boesman rotskuns is in die Drakensberge van die Natal gevind. Intense navorsing oor Boesman rotstekeninge het gewys dat die Boesmans sonder twyfel nie net hulle alledaagse lewe uitgebeeld het nie, maar ook dit wat hulle gesien het as hulle in n trans gegaan het (hallusinasies). Hulle het gedans om vure en rituele uitgeoefen wat sekere beelde in hulle gedagtes uitgebring het. Hierdie het ingesluit kolle, lyne ruitvormige figure en  Boesmans met dierlike eienskappe soos die kop en hoewe van n Eland. Die jag van n Eland het n baie groot rol in hulle lewe gespeel, en in hulle hallusinasies neem van hulle die eienskappe van die Eland wat gejag is en gesterf het aan bv. as n Eland vrek staan sy hare op sy kop in die lug en sy pote oorkruis mekaar, dus as hierdie eienskappe aan n Boesman gegee word het hy ook gesterf gedurende die jagtog. Hierdie uitbeeldings is op die rotse uit gekrap met die fakmanskap waaroor hulle beskik het.







     In die Noord-Ooste van Oostenryk in die Bachau vallei was daar n dorpie Van Willendorf, waar drie argeoloe op 7 Augustus 1908 besig was om te stap in die vallei. Een van hulle werkers het op n klein stansbeeldjie in die modder afgekom en dit  opgetel en vir die argeoloe gevat. Die beeldjie is genoem Venus van Willendorf. Sy was ongeveer 10cm hoog en 25 000 jaar oud en was uit leem gekerf. Dit was die eerste leidraad waarom die moderne wereld so geinspireer is deur onrealistiese figure. Die arms en gesig bestaan amper nie. Sy het oorgrote bene, borste en maag gehad. Die beeltjie het geen gesig en die arms is gereduseer tot stroke oor die borste en daar word geen voete uitgebeeld nie. Op haar kop is n tipe patroon wat n sekere haarstyl uitbeeld. Daar is ook armbande op haar arms uitgekerf. Sy is n figuur van vrugbaarheid wat deur n swanger vrou rondgedra was in haar hand om te verseker dat sy geboorte gee aan n gesonde baba as n njuwe lid van die stam.


    30 000 jaar gelede het mense begin beelde maak van die menslike figuur. Hierdie verskeining het oor die hele wereld voorgekom. In Rusland het dieselfde tipe beeldjies as die Venus van Willendorf onder die normades voorgekom. Net soos elders in die wereld in dieselfde tyd is sekere dele van die liggaam vergroot en ander onderbeklemtoon. Elders in die wereld nl. Egipte was kuns in teenstelling hiermee, gedomineer deur orde en akkuraatheid. Hier is geen beklemtoning van sekere menslike liggaamsdele nie. Die instink om liggaamsdele te vergroot en beklemtoon het verdwyn. Beeldhouwerke was grotesk in skaal omdat dit nie nodig was vir die mense om te trek nie (nomades). Hulle kultuur, waardes en standaarde is in hulle kuns uitgebeeld. 

    2500 jaar gelede het die Grieke se kuns hulle filisofie en wiskundigheid asook fiksasie met die menslike liggaam weerspieel. Gode het n belangrike rol in hulle lewens gespeel en beelde van die gode het die menslike liggaam aangeneem. Beelde moes dus presies soos die menslike liggaam lyk

    In Egipte 660 vC het Griekse huursoldate Egipte binne gekom. Hierdie samesmelting van verskillende kulture het n absolute KUNSREVOLUSIE veroorsaak. Grieke is sodoende beinvloed om hulle beelde groter te maak soos die Egiptenare. Egiptiese beeldhouwerk is hierteenoor baie meer realisties en vir die eerste keer en replika van die menslike liggaam. Dit het egter vir hulle vervelig begin raak en hulle is deur hulle kultuur en instink gedreif om sekere liggaamsdele te vergroot en beklemtoon, asook onderbeklemtoon, soos in die geval van Venus van Willendorf.

    So ook sien ons in die liggendariese Picasso se kunswerke met beklemtoning en vergroting asook onderbeklemtoning van sekere liggaamsdele die vergelyking met kuns oor eeue heen. Vandag nog word dit in alle vorme van moderne kuns waargeneem.


    “Every child is an artist. The problem is how to remain an artist once he grows up.”
    ― Pablo Picasso



    Friday 25 January 2013

    Eerste gr10 blog 2013

    Kapperer was teenwoordig in die klaskamer toe ons hierdie blog gemaak het....